Dankie

Dankie vir hierdie skone môre
Dankie vir hierdie nuwe dag
Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag

Dankie vir al die goeie vriende
Dankie vir elke boom en blom
Dankie vir al die seëninge wat na my toe kom

Dankie vir elke kinderlaggie
Dankie vir elke sonnestraal
Dankie dat ek my weg terugvind waar ek ookal dwaal

Dankie vir vlaktes en vir berge
Dankie vir elke silwer stroom
Dankie vir alles deur die jare, elke goue droom

Dankie vir hierdie skone môre
Dankie vir hierdie nuwe dag
Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag

Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag

Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Sarah Theron

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)